

07.11.2026

Gaan Trou!
Welkom by die Moolman troue webtuiste!
Hier sal al die inligting van die troue, kleredrag en akkommodasie wees as ook die RSVP.

Trou Naweek
Ons troue is vir ons meer as net ’n dag, dit is ’n hele naweek saam met familie en vriende. ’n Tyd om weg te breek van die alledaagse, saam te kuier, te lag en die oomblikke saam te geniet.
Van rustige oggende tot sonsak-oomblikke en alles tussen in. Net om saam te wees en hierdie nuwe hoofstuk te vier.

plek
Ons gaan ‘n naweek troue by Wetlands Game Lodge hou, ’n luukse wildsplaas 300 km buite Pretoria naby Wakkerstroom.
Daar is beperkte verblyf beskikbaar, al die kamers is privaat en en-suite. Die plaas het verskeie aktiwiteite soos wildsritte, stap roetes, perd ry, e-fietse, 'n spa en nog meer.

Akkommodasie
Die prys sluit die volgende in:
R2000 PP
Sondagaand verblyf is beskikbaar per reëling.
Metgeselle wat nie geadresseer was op die uitnodiging nie, betaal R 2 500 om op die plaas te slaap en die troue by te woon.
Indien alternatiewe akkommodasie gebruik word, betaal metgeselle R 900.
Vrydag en Saterdagaand verblyf
Vrydagaand aandete
Saterdag ontbyt
Saterdag middagete
Sondag ontbyt

kleredrag
Formeel
Dames:
Rokke, bloese, rompe, een of twee stuk pakkie en netjiese skoene.
Mans:
Chino of pak broek met 'n knoopies hemp en netjiese skoene.
Kleur Skema: Dowwe Kleure (Muted)
Dames:
Asseblief geen pastel of ligte kleure, patrone, motiewe (prints), lae snut bloese of rokke, hoë snut rokke of rompe, plakkies, tekkies of kepse nie.
Mans:
Asseblief geen pastel of ligte kleure, patrone, motiewe (prints) op hemde, broeke of dasse (opsioneel), plakkies, tekkies of kepse nie asseblief.

Naweek skedule
Ariveer (Enige Tyd)
18:00 Aandete
Vrydag 6 November 2026
Saterdag 7 November 2026
07:00 - 09:00 Ontbyt
11:00 - 12:00 Middagete
13:30 vir 14:00 Seremonie
15:00 Groep Fotos
16:00 Bruid en Bruidegom fotos
17:00 Onthaal
18:00 Aandete
Sondag 8 November 2026
07:00 - 09:00 Ontbyt
Vertek (Enige tyd)

RSVP
Afsny datum 1 September 2026
Alle betalings en reëlings vir betalings moet aan die Bruids paartjie gemaak word.

Frequently asked questions
FAQ's

Die Verlowing
Dit was 'n warm somersdag, Saterdag 31 Januarie 2026. Die dag waarna Suandri lank uitgesien het en Michael vir sy lewe veg.
Die oggend het redelik rustig begin, soos enige paartjie 'n oggend deel, waar hulle na Keurboomsrivier toe gaan vir 'n bootrit en bietjie visvang. Sy maak haar mooi en hy probeer alles onthou en vergeet amper sy stokke.
Die pad was oop, die son uit en die uitkoms nog onseker. Oppad na die rivier dink Suandri: "Kan dit die dag wees?" En Michael probeer net lewendig bly, om die groot vraag te vra.
Soos die kilometers verbyglip en Michael se angs stadig groei, kom hulle uiteindelik by die rivier aan.
Suandri staan vir ’n oomblik stil, bewonder die natuur en neem die vars lug in, terwyl Michael seker maak hy is die een wat die rugsak dra… en amper weer sy stokke vergeet.
Sy frons liggies daaroor, maar skryf dit af, want hy is tog bietjie onder die weer. Met die boot gepak, begin hulle rustig vaar na hulle piekniek iewers op die oewer.
Soos die tyd aan stap en die rivier hulle dieper vat, begin Suandri onrustig raak, want sy wil iewers op die water stop en bietjie ontspan saam haar kêrel... Hy is duidelik op 'n missie iewers heen.
Sy oortuig hom toe om net iewers op die water te stop, hy stem saam asof dit ook presies sy plan was. Maar dit was ook net vir 'n oomblik, voor Michael weer terug op sy missie is.
Na 'n hele rukkie besluit Michael, hy is nou reg vir die piekniek en speel dit so kalm as wat hy op daai oomblik kan.
Met alles af gepak, ontspan albei en bewonder die natuur. Sy neem fotos en hy moet iets op die boot kry.
Terwyl Suandri fokus om 'n vlinder af te neem, het Michael gefokus om nie te knak onder die stres nie. Hy kry die ring wat nou al 'n gat in die boot gebrand het en maak sy pad terug na haar toe.
Elke tree voel swaarder as die vorige een en voor hy weer sien, staan hy by haar, val op een knieg en vra die vraag wat op sy hart vir 'n geruime tyd lê.
Suandri se woorde was weg geslaan toe sy die vraag hoor, eers niks nie... toe kom die trane en die JA wat hulle al twee voor gewag het.
Fluit, Fluit ons nuwe hoofstuk het begin...